Page 2 van 2
In 'n kerk in Frankfurt was daar 'n manjifieke standbeeld wat Christus voorgestel het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is Frankfurt aan verskriklike bomaanvalle onderwerp. Dit het gebeur dat die standbeeld aan die einde van die oorlog nie meer hande gehad het nie. Talle beeldhouers het aangebied om nuwe hande te maak, sodat niemand die verskil kon agterkom nie. Nadat al hierdie aanbiedinge oorweeg is, het die kerklede besluit om die standbeeld sonder die hande terug te sit. Hierdie inskripsie is toe bygevoeg: "Christus het geen hande behalwe ons s'n nie"